Aleksander Oeljanof

Aleksander Oeljanof

Aleksander Iljitsj Oeljanof (Russies: Александр Ильич Ульянов) (12 April 186620 Mei 1887) was ’n Russiese rewolusionêr en die ouer broer van Wladimir Iljitsj Oeljanof (Lenin).

Hy is gearresteer toe hy en sy kamerade ’n sluipmoord op keiser Aleksander III wou uitvoer. Ná hul skuldigbevinding is hulle tereggestel. Die dood van sy broer het ’n groot invloed op Lenin se politieke oortuigings gehad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search